Koningin van Skeba

Die koningin van Skeba.

Die koningin van Skeba (Hebreeus: מלכת שבא; Arabies: ملكة سبأ Malikat Saba; Ge'ez: ንግሥተ ሳባ) is ’n figuur wat die eerste keer in die eerste boeke van die Ou Testament genoem word. In die oorspronklike verhaal bring sy ’n karavaan waardevolle geskenke vir die Israelitiese koning Salomo. Hierdie weergawe is aansienlik uitgebrei in die Judaïsme, Christendom, Islam en die Ethiopiese legende, en het die onderwerp van een van die wyds verspreide en vrugbaarste legendesiklusse in die Midde-Ooste geword.[1]

Moderne historici identifiseer Skeba met die Suid-Arabiese Koninkryk Saba in die hedendaagse Jemen. Historici verskil oor of die koningin werklik bestaan het.[2]

  1. E. Ullendorff (1991), "BILḲĪS", The Encyclopaedia of Islam, 2 (2nd ed.), Brill, pp. 1219–1220 
  2. National Geographic, issue mysteries of history, September 2018, p.45.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy